E-BOEK OM JOU OOK TE LEER ALLES OMTRENT DIGITALE BEMARKING, WEBADRESSE EN WEBSITES.
Welkom! Hier wys ek jou stap vir stap OM TE LEER OM JOU EIE WEBSITE EN WEBADRES TE BOU OM OU EIE PRODUK OF BOEK TE BEMARK - selfs al is jy nie tegnies nie.
"Jou eerste stap: Ontdek hoe jy jou eie website kan bou en dit te gebruik om jou aanlyn inkomste van die huis af te begin genereer."

MY STORIE - WAAROM EK HIERDIE E-BOEK GESKRYF HET.
My naam is Susan, en ek is 62 jaar oud.
Ek het nooit gedink dat ek op hierdie ouderdom sou leer hoe om my eie webblad, webadres en digitale produk te bou nie. Maar hier is ek — besig om iets nuuts te leer en ’n nuwe pad vir myself te begin.
My pad hierheen was nie altyd maklik nie. Een van my grootste uitdagings was dat baie van die dinge wat ek wou leer, in Engels was.
Engels is nie vir my maklik nie, en wanneer jy dan nog met tegnologie, webadresse, websites en al die nuwe woorde moet werk, kan dit nogal oorweldigend voel.
Daar was baie kere wat ek gewonder het: “Sal ek dit ooit regkry?”
Maar ek het besef dat ek nie perfek hoef te wees om te begin nie. Ek moes net bereid wees om een klein stappie op ’n slag te neem.
Ek het begin vra wanneer ek nie verstaan nie. Ek het foute gemaak. Ek het weer probeer. Soms het ek gefrustreerd geraak en wou ek sommer ophou — maar ek het elke keer weer teruggekom.
En stadig maar seker het iets verander.
Ek het begin glo: As ek dit kan leer, kan jy dit ook leer.
Dit is die boodskap wat ek graag met hierdie e-boek wil deel. Jy hoef nie jonk te wees nie. Jy hoef nie ’n tegniese kenner te wees nie. En jy hoef beslis nie perfekte Engels te kan praat nie.
Jy moet net bereid wees om te begin. 🌻❤️
WAT JY UIT HIERDIE E-BOEK GAAN LEER.
In hierdie e-boek gaan ek jou stap vir stap wys hoe jy jou eerste tree in die digitale wêreld kan gee — selfs al het jy geen tegniese kennis nie.
Jy gaan leer hoe om jou eie digitale produk te skep, dit aanlyn te bemark en ’n eenvoudige aanlyn teenwoordigheid te begin bou.
Ek verduidelik alles in eenvoudige Afrikaans, soos ek dit self moes leer. Geen ingewikkelde tegniese woorde nie — net praktiese stappe wat jy kan volg.
Jy hoef nie alles vandag te verstaan nie. Jy hoef net bereid te wees om te begin. ❤️